Vuurvaste materiale

Vuurvaste stene in 'n torpedo-wa wat gesmelte yster vervoer

In materiaalkunde is vuurvaste materiaal 'n materiaal wat bestand is teen ontbinding deur hitte, druk of chemiese aanval, en wat sterkte en vorm by hoë temperature behou. Vuurvaste materiale is polikristallyn, veelfasig, anorganies, nie-metaal, poreus en heterogeen. Hulle is tipies saamgestel uit oksiede of karbiede, nitriede ens. van die volgende elemente: silikon, aluminium, magnesium, kalsium, boor, chroom en sirkonium.[1]

ASTM C71 definieer vuurvaste materiale as "nie-metaalmateriaal met die chemiese en fisiese eienskappe wat dit toepaslik maak vir strukture, of as komponente van stelsels, wat aan omgewings bo 538 °C blootgestel word ".[2]

Vuurvaste materiale word in oonde, brandoonde, verbrandingsoonde en reaktore gebruik. Vuurvaste materiale word ook gebruik om kroese en gietvorms te maak vir die giet van glas en metale en vir die oppervlakbedekking van vlamdeflektortelsels vir vuurpyllanseringstrukture.[3] Hedendaags gebruik die yster- en staalindustrie en metaalgietsektore ongeveer 70% van alle vuurvaste materiale wat geproduseer word.[4]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named :0
  2. ASTM Volume 15.01 Refractories; Activated Carbon, Advanced Ceramics
  3. "Refractory Materials for Flame Deflector Protection System Corrosion Control: Similar Industries and/or Launch Facilities Survey". NASA, January 2009
  4. "How cool are refractory materials?" (PDF). The Journal of the Southern African Institute of Mining and Metallurgy. 106 (September): 1–16. 2008. Besoek op 22 April 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search